rafel [boodskap #137211] |
Mon, 12 July 2021 16:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rafel
Afbreking: ra•fel
Selfstandige naamwoord: rafel
Meervoud: rafels
Verkleinwoord: rafeltjie
Meervoud van verkleining: rafeltjies
Betekenis:
• 'n Los draadjie aan 'n kledingstuk of lap wat losgeraak het.
Gebruik:
• Knip die lastige rafel af.
Sinoniem:
• filament
• toiing
• weefseldraad
Afgelei:
• rafeldraad
• rafelkant
• rafelknoop
• rafelrand
• rafelrig
• rafelsy
• rafelwerk
Vertaling:
Engels: ravelled thread, fray
Nederlands: rafel
Werkwoord: rafel
Verlede tyd: het gerafel
Betekenis:
• In drade losdraai of loswikkel.
Gebruik:
• Goedkoop klere rafel maklik.
Afgelei:
• ontrafel
• uitrafel
Vertaling:
Engels: to unravel, ravel out, fray
Nederlands: rafelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|