Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » doodluiters
doodluiters [boodskap #137193] Sat, 10 July 2021 12:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
doodluiters
Afbreking: dood•lui•ters
Samestelling: dood + luiters


Byvoeglike naamwoord: doodluiters
Attributief: doodluiterse

Betekenis:
• Baie luiters; asof niks in die wêreld jou kan pla nie.

Gebruik:
• Die uil het doodluiters na ons gesprek geluister.

Spreekwoord:
• Hy doen dit doodluiters. [Iets kalm doen asof daar oënskynlik geen risiko aan verbonde is nie.]

Sinoniem:
• bedaard
• doodonskuldig
• doodkalm
• houtgerus
• koelweg
• niksvermoedend
• nonchalant
• ongeërg
• ongestoord
• onversteurd
• sorgeloos

Vertaling:
Engels: completely innocent and unaware, as innocent as a lamb
Nederlands: doodonschuldig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afsonder
Volgende onderwerp: respekloos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 04:44:45 UTC 2025