afsonder [boodskap #137192] |
Sat, 10 July 2021 11:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afsonder
Afbreking: af•son•der
Werkwoord: sonder af, afsonder
Verlede tyd: het afgesonder
Betekenis:
• Om iets of iemand eenkant of apart te hou of te plaas.
Gebruik:
• Moenie jouself van die wêreld afsonder nie.
Sinoniem:
• afsper
• afskei
• afsluit
• afskerm
• afsplits
• isoleer
• separeer
• segregeer
• skei
• verwyder
Afgelei:
• afsondering
• afsonderlik
Vertaling:
Engels: to separate, isolate, seclude
Nederlands: afzonderen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|