mofbees [boodskap #137187] |
Sat, 10 July 2021 08:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mofbees
Afbreking: mof•bees
Samestelling: mof + bees
Selfstandige naamwoord: mofbees
Meervoud: mofbeeste
Verkleinwoord: mofbesie
Meervoud van verkleining: mofbesies
Betekenis:
• 'n Bees wat nie raseg is nie, veral die Fries ('n melkbees).
Gebruik:
• 'n Mofbees het my uit my verlamming gebulk. [Die onaantasbares, Steve Hofmeyr]
Sinoniem:
• basterbees
Afgelei:
• mofbul
• mofkalf
• mofkoei
Vertaling:
Engels: bastard cow
Nederlands: bastaard koe
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|