mank [boodskap #137180] |
Fri, 09 July 2021 09:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mank
Afbreking: mank
Byvoeglike naamwoord: mank
Vergrotende trap: manker
Oortreffende trap: mankste
Attributief: mank
Betekenis:
• Wat oneweredig staan of loop (meestal die gevolg van 'n gebrek of besering).
• (figuurlik) Wat 'n gebrek aan iets het.
Gebruik:
• 'n Seer voet laat 'n mens mank loop.
• Die argument is mank aan bewyse.
Sinoniem:
• defektief
• gebrekkig
• gebreklik
• gestrem
• gestremd
• hinkend
• hinkepink
• kreupel
• kruppel
• lam
Afgelei:
• mankheid
• mankpoot
Vertaling:
Engels: cripple, limp
Nederlands: mank
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|