Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blitsskare
blitsskare [boodskap #137175] Thu, 08 July 2021 15:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
blitsskare
Afbreking: blits•ska•re
Samestelling: blits + skare


Selfstandige naamwoord: blitsskare
Meervoud: blitsskares

Betekenis:
• 'n Groep mense wat skielik op 'n openbare plek byeenkom, iets ongewoons doen, en dan weer vinnig verdaag.

Gebruik:
• Op 16 Junie 2007 het 'n blitsskare van nagenoeg 'n honderd mense op die Menlyn-winkelsentrum in Pretoria toegesak om 'n Meksikaanse golf uit te voer.

Sinoniem:
• kitsskare

Vertaling:
Engels: flash mob
Nederlands: flashmob, flitsmeute

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: groothandel
Volgende onderwerp: aanmaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 04:58:47 UTC 2025