lywig [boodskap #137143] |
Sun, 04 July 2021 18:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lywig
Afbreking: ly•wig
Byvoeglike naamwoord: lywig
Vergrotende trap: lywiger
Oortreffende trap: lywigste
Attributief: lywige
Partitief: lywigs
Betekenis:
• Wat swaar van lyf is; groot en dik.
Gebruik:
• My pa is lywig, maar my ma is skraal en maer.
Sinoniem:
• dik
• geset
• korpulent
• log
• omvangryk
• swaar
• vet
Afgelei:
• diklywig
• lywigheid
• swaarlywig
Vertaling:
Engels: corpulent, obese, heavy, bulky, voluminous
Nederlands: lijvig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|