wegstuur [boodskap #137130] |
Sat, 03 July 2021 17:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wegstuur
Afbreking: weg•stuur
Samestelling: weg + stuur
Werkwoord: stuur weg, wegstuur
Verlede tyd: het weggestuur
Betekenis:
• Laat weggaan.
• Per pos na 'n adres toe stuur.
Gebruik:
• Ek was so bang dat die kakies my sou vang en ver oor die see wegstuur. [Sarie Marais]
• Onderteken die brief voordat jy dit wegstuur.
Sinoniem:
• afsend
• afskeep
• uitstuur
• versend
Vertaling:
Engels: to send away, dispatch
Nederlands: wegsturen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|