versoeking [boodskap #137127] |
Sat, 03 July 2021 13:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
versoeking
Afbreking: ver•soe•king
Selfstandige naamwoord: versoeking
Meervoud: versoekinge, versoekings
Verkleinwoord: versoekinkie
Meervoud van verkleining: versoekinkies
Betekenis:
• Die aantrekkingskrag van iets wat 'n mens nie regtig wil hê of wil doen nie.
Gebruik:
• En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. [Matteus 6:13]
Sinoniem:
• aantrekking
• aantrekkingskrag
• bekoring
• beproewing
• drang
• hunkering
• lokmiddel
• lokroep
• temptasie
• trekpleister
• verlange
• verleiding
• verlokking
Vertaling:
Engels: temptation, enticement, charm
Nederlands: verzoeking
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|