ruggraatloos [boodskap #137105] |
Thu, 01 July 2021 20:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ruggraatloos
Afbreking: rug•graat•loos
Samestelling: ruggraat + -loos
Byvoeglike naamwoord: ruggraatloos
Attributief: ruggraatlose
Betekenis:
• Sonder 'n ruggraat/werwelkolom.
• (figuurlik) Sonder moed en deursettingsvermoë.
Gebruik:
• 'n Wurm is 'n ruggraatlose dier.
• Is die president ruggraatloos of is sy hande bloot afgekap?
Sinoniem:
• beginselloos
• futloos
• invertebraat
• lafhartig
• lamlendig
• karakterloos
• papbroekig
• slap
Vertaling:
Engels: spineless
Nederlands: ruggengraatloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|