plaaswerker [boodskap #137097] |
Thu, 01 July 2021 08:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
plaaswerker
Afbreking: plaas•wer•ker
Samestelling: plaas + werker
Selfstandige naamwoord: plaaswerker
Meervoud: plaaswerkers
Verkleinwoord: plaaswerkertjie
Meervoud van verkleining: plaaswerkertjies
Betekenis:
• 'n Persoon wat op 'n plaas met die boerdery help.
Gebruik:
• 'n Plaaswerker is geregtig op betaalde verlof van 21 werksdae per jaar.
Sinoniem:
• plaasarbeider
Afgelei:
• medeplaaswerkers
• plaaswerkerdorpie
• plaaswerkergesin
• plaaswerkergetalle
• plaaswerkerloon
• plaaswerkeropleiding
• plaaswerkershuis
• plaaswerkersvakbond
• plaaswerkerverhoudinge
Verwant:
• boer
• bywoner
• plaasbewoner
• plaasvoorman
Vertaling:
Engels: farm worker
Nederlands: landarbeider
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|