Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » broodboom
broodboom [boodskap #137096] Wed, 30 June 2021 16:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Broodboom.
'n Broodboom.
broodboom
Afbreking: brood•boom
Samestelling: brood + boom


Selfstandige naamwoord: broodboom
Meervoud: broodbome
Verkleinwoord: broodboompie
Meervoud van verkleining: broodboompies

Betekenis:
• 'n Beskermde boom van die orde Cycadales wat amper soos 'n palm lyk; sikadee.
• (ongewoon) Die aapbroodboom, ook bekend as die baobab of kremetartboom, Adansonia digitata.

Gebruik:
• Die binneste deel van 'n broodboom se stam kan meestal tot meel verwerk en brood daarmee gebak word.
• Die aapbroodboom se sade lyk soos brode.

Afgelei:
• broodboomspesies

Vertaling:
Engels: bread tree; monkey-bread tree
Nederlands: broodboom; apenbroodboom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sentimentaliteit
Volgende onderwerp: plaaswerker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 04:55:41 UTC 2025