oplê [boodskap #137090] |
Tue, 29 June 2021 20:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oplê
Afbreking: op•lê
Samestelling: op + lê
Werkwoord: lê op, oplê
Verlede tyd: het opgelê
Betekenis:
• Om iets plat op iets anders te laat lê.
• Om iemand tot iets te verplig; aan 'n dwangmaatreël onderwerp.
Gebruik:
• Hulle sal siekes die hande oplê, en hulle sal gesond word. [Markus 16:18]
• Die verkeerskonstabel het die jaagduiwel 'n boete opgelê.
Vertaling:
Engels: to lay on, put on; impose
Nederlands: opleggen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|