bros [boodskap #137089] |
Tue, 29 June 2021 18:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bros
Afbreking: bros
Byvoeglike naamwoord: bros
Vergrotende trap: brosser
Oortreffende trap: brosste
Attributief: bros
Betekenis:
• Wat hard is, maar maklik breek (sonder om te rek of te buig).
Gebruik:
• Glas is 'n goeie voorbeeld van 'n bros materiaal, omdat dit in stukke breek as dit val.
Sinoniem:
• krummelrig
Afgelei:
• brosbrood
• brosheid
• broskoek
• broskors
• brosserig
• brostoets
• brosyster
Vertaling:
Engels: brittle, crisp, crumbly
Nederlands: bros
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|