kettery [boodskap #137056] |
Sun, 27 June 2021 07:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kettery
Afbreking: ket•te•ry
Samestelling: ketter + -y
Selfstandige naamwoord: kettery
Meervoud: ketterye
Betekenis:
• 'n Valse leer wat van die amptelike of ortodokse leer afwyk.
Gebruik:
• Die Inkwisisie was 'n instelling van die Rooms-Katolieke Kerk wat getaak was om kettery te ondersoek en ketters te straf.
Sinoniem:
• dwaalleer
• dwaallering
Verwant:
• ketter
• ketterjag
• ketterjagter
Vertaling:
Engels: heresy
Nederlands: ketterij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|