aanteel [boodskap #137039] |
Vr, 25 Junie 2021 11:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanteel
Afbreking: aan•teel
Samestelling: aan + teel
Werkwoord: teel aan, aanteel
Verlede tyd: het aangeteel
Betekenis:
• Om deur teling te vermeerder.
Gebruik:
• Hase kan baie vinnig aanteel.
Vergelyking:
• Aanteel soos konyne.
Sinoniem:
• aankweek
• aanwas
• vermeerder
• voortplant
Afgelei:
• aanteelbees
• aanteelbok
• aanteelkamp
• aanteelkoei
• aanteelmerrie
• aanteelooi
• aanteelvee
Verwant:
• aanteling
Vertaling:
Engels: to breed, increase
Nederlands: aantelen
Selfstandige naamwoord: aanteel
Meervoud: –
Betekenis:
• Dit wat aangeteel is.
Gebruik:
• Die boer het die aanteel verkoop.
Vertaling:
Engels: breed
Nederlands: aanteelt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|