steeks [boodskap #137038] |
Fri, 25 June 2021 10:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
steeks
Afbreking: steeks
Byvoeglike naamwoord: steeks
Vergrotende trap: steekser
Oortreffende trap: steeksste
Attributief: steeks, steekse
Betekenis:
• Onwillig om te beweeg of iets te doen.
Gebruik:
• Almal eet lekker, maar as ons moet skottelgoed was, is almal steeks.
Spreekwoord:
• Met 'n kind en 'n steeks perd moet jy nooit spog nie. [Kinders en perde is onvoorspelbaar.]
Vergelyking:
• So steeks soos 'n muil.
Sinoniem:
• eiesinnig
• eiewillig
• halsstarrig
• hardegat
• hardekoejawel
• hardekop
• hardkoppig
• hardnekkig
• koppig
• onbuigsaam
• ongedurig
• onwillig
• onwrikbaar
• strydhooftig
• traag
• weerbarstig
• weerspannig
Afgelei:
• steeksheid
Vertaling:
Engels: stubborn, obstinate, restive
Nederlands: koppig, halsstarrig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|