arbeidsweerstand [boodskap #137034] |
Fri, 25 June 2021 08:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
arbeidsweerstand
Afbreking: ar•beids•weer•stand
Samestelling: arbeid + -s- + weerstand
Selfstandige naamwoord: arbeidsweerstand
Meervoud: arbeidsweerstande
Betekenis:
• Weerstand wat werkers teen swak behandeling en/of swak betaling bied.
Gebruik:
• Arbeidsweerstand kan verskeie vorme aanneem, onder andere drostery, stakings, sloerstakings en boikotte.
Sinoniem:
• arbeidsverset
Vertaling:
Engels: labor resistance
Nederlands: arbeidsweerstand
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|