staafgrafiek [boodskap #137028] |
Thu, 24 June 2021 17:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
staafgrafiek
Afbreking: staaf•gra•fiek
Samestelling: staaf + grafiek
Selfstandige naamwoord: staafgrafiek
Meervoud: staafgrafieke
Verkleinwoord: staafgrafiekie
Meervoud van verkleining: staafgrafiekies
Betekenis:
• 'n Grafiek wat waardes visueel met stawe van verskillende hoogtes of lengtes uitbeeld.
Gebruik:
• 'n Mens kan 'n dubbele staafgrafiek gebruik om twee stelle data op dieselfde grafiek uit te beeld.
Sinoniem:
• staafdiagram
Verwant:
• sirkelgrafiek
Vertaling:
Engels: bar chart
Nederlands: staafdiagram
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|