betower [boodskap #137016] |
Thu, 24 June 2021 08:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
betower
Afbreking: be•to•wer
Samestelling: be- + tower
Werkwoord: betower
Verlede tyd: het betower
Betekenis:
• Op onweerstaanbare wyse aangryp en meevoer (asof 'n mens getoor is).
Gebruik:
• Haar pragtige blou oë betower my.
Wisselvorm:
• betoor
Sinoniem:
• aangryp
• beheks
• bekoor
• boei
• hipnotiseer
• meevoer
• mesmeriseer
Afgelei:
• betoweraar
• betowering
• betowerend
Vertaling:
Engels: to bewitch, bedazzle, charm, enchant
Nederlands: betoveren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|