windmakerig [boodskap #137015] |
Thu, 24 June 2021 08:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
windmakerig
Afbreking: wind•ma•ke•rig
Samestelling: wind + makerig
Byvoeglike naamwoord: windmakerig
Vergrotende trap: windmakeriger
Oortreffende trap: windmakerigste
Attributief: windmakerige
Betekenis:
• Baie spoggerig en met groot vertoon.
Gebruik:
• Sy is netjies aangetrek en het 'n windmakerige hoed op haar kop.
Sinoniem:
• flambojant
• grootdoenerig
• grootpraterig
• pronkerig
• spoggerig
• swierig
• trots
• vertonerig
Afgelei:
• windmakerigheid
Verwant:
• windmaker
Vertaling:
Engels: bragging, boastful, flashy, swaggering
Nederlands: winderig, blufferig, snoevend, opschepperig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|