| onthul [boodskap #137008] |
Wo., 23 Junie 2021 14:35 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24488 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onthul
Afbreking: ont•hul
Samestelling: ont- + hul
Werkwoord: onthul
Verlede tyd: het onthul
Teenwoordige deelwoord: onthullend, onthullende
Verlede deelwoord: onthulde
Betekenis:
• Om die bedekking of omhulsel te verwyder, of figuurlik, bekend maak, aan die dag bring.
Gebruik:
• Die burgemeester het 'n nuwe standbeeld in die middestad onthul.
Sinoniem:
• aankondig
• bekendmaak
• bekendstel
• ontbloot
• ontmasker
• ontsluier
• openbaar
• uitlek
• verklap
Afgelei:
• onthuller
• onthulling
Vertaling:
Engels: to reveal, disclose
Nederlands: onthullen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma., 16 Februarie 2026 08:29] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|