skynheilig [boodskap #137002] |
Wed, 23 June 2021 08:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skynheilig
Afbreking: skyn•hei•lig
Samestelling: skyn + heilig
Byvoeglike naamwoord: skynheilig
Vergrotende trap: skynheiliger
Oortreffende trap: skynheiligste
Attributief: skynheilige
Partitief: skynheiligs
Betekenis:
• Wat voorgee om baie goed, gaaf, vriendelik, onskuldig, ens. te wees.
Gebruik:
• Dit sou skynheilig wees om elke Sondag kerk toe gaan en voor te gee dat ons sonder sonde is.
Sinoniem:
• dubbelhartig
• geveins
• hipokrities
• huigelagtig
• skoonskynend
• skynvroom
• vroom
Antoniem:
• opreg
Afgelei:
• skynheiliges
• skynheiligheid
Vertaling:
Engels: sanctimonious, hypocritical, pharisaical, bigoted
Nederlands: schijnheilig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|