potensieel [boodskap #136997] |
Wed, 23 June 2021 07:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
potensieel
Afbreking: po•ten•si•eel
Byvoeglike naamwoord: potensieel
Attributief: potensiële
Betekenis:
• Wat moontlik is.
Gebruik:
• Suikerdrankies is ongesond en potensieel dodelik vir mense met diabetes.
Sinoniem:
• latent
• moontlik
• sluimerend
Verwant:
• potensiaal
Vertaling:
Engels: potential
Nederlands: potentieel
Nota:
• Word soms ook as 'n selfstandige naamwoord gebruik in die betekenis van "potensiaal", "'n vermoeë wat aanwesig is, maar nog op ontwikkeling wag".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|