| ongelooflik [boodskap #136987] |
So., 20 Junie 2021 18:00 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24169 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ongelooflik
Afbreking: on•ge•loof•lik
Samestelling: on- + gelooflik
Byvoeglike naamwoord: ongelooflik
Vergrotende trap: ongeloofliker
Oortreffende trap: ongelooflikste
Attributief: ongelooflike
Partitief: ongeloofliks
Betekenis:
• Wat moeilik is om te glo (omdat dit verbasend of onwaarskynlik is).
Gebruik:
• Hierdie restaurant se pizza is ongelooflik!
Sinoniem:
• buitengewoon
• fabelagtig
• fabuleus
• fantasties
• geweldig
• ondenkbaar
• ongeloofwaardig
• seldsaam
• uiters
• verbasend
• verbluffend
• vergesog
• verstommend
• wonderbaarlik
Antoniem:
• gelooflik
• gewoon
Afgelei:
• ongelooflikheid
Vertaling:
Engels: unbelievable, incredible
Nederlands: ongelooflijk, ongelofelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|