kleremaker [boodskap #136983] |
Sat, 19 June 2021 18:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kleremaker
Afbreking: kle•re•ma•ker
Samestelling: klere + maker
Selfstandige naamwoord: kleremaker
Meervoud: kleremakers
Verkleinwoord: kleremakertjie
Meervoud van verkleining: kleremakertjies
Betekenis:
• Iemand wat klere maak, verstel en herstel.
Gebruik:
• Hy was 'n skoenmaker en sy vrou was 'n kleremaker.
Spreekwoord:
• Ek sal my skoenmaker aan jou kleremaker voorstel. [Ek sal jou skop.]
Antoniem:
• kleremaakster
Afgelei:
• kleremakersbaas
• kleremakerskryt
• kleremakery
Vertaling:
Engels: tailor
Nederlands: kleermaker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|