paskwil [boodskap #136978] |
Sat, 19 June 2021 10:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
paskwil
Afbreking: pas•kwil
Selfstandige naamwoord: paskwil
Meervoud: paskwille
Verkleinwoord: paskwilletjie
Meervoud van verkleining: paskwilletjies
Betekenis:
• (verouderd) Geskrif waarin iets of iemand op beledigende of lasterlike wyse belaglik gemaak word.
Gebruik:
• Ek het gerol soos ek lag toe ek die paskwil lees.
Wisselvorm:
• paskewil
Sinoniem:
• spotskrif
• skandaalblad
• skendskrif
• skimpskrif
• skotskrif
• smaadskrif
Afgelei:
• paskwilskrywer
Vertaling:
Engels: lampoon, libel, pasquinade
Nederlands: paskwil
Nota:
• Van Pasquino, 'n Italiaanse skoenmaker wat sulke geskrifte oor die rykes van sy tyd geskryf het.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|