klagte [boodskap #136977] |
Sat, 19 June 2021 10:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
klagte
Afbreking: klag•te
Selfstandige naamwoord: klag, klagte
Meervoud: klagte, klagtes
Verkleinwoord: klaggie, klagtetjie
Meervoud van verkleining: klaggies, klagtetjies
Betekenis:
• (juridies) 'n Aanklag of beskuldiging.
• Uiting van pyn of smart.
Gebruik:
• Hy dien 'n klagte by die polisie in teen die man wat sy hoenders gesteel het.
• 'n Mens hoor nooit 'n klagte oor sy lippe hoor nie.
Wisselvorm:
• klag
Sinoniem:
• aantyging
• beskuldiging
• bewering
• geklaag
• grief
Afgelei:
• klagtekantoor
Vertaling:
Engels: complaint, accusation, charge; lamentation
Nederlands: klacht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|