kamoefleer [boodskap #136964] |
Fri, 18 June 2021 14:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kamoefleer
Afbreking: ka•moe•fleer
Werkwoord: kamoefleer
Verlede tyd: het gekamoefleer
Betekenis:
• Om iets onopvallend en minder sigbaar te maak.
Gebruik:
• Diere soos seekatte en verkleurmannetjies kan hulself kamoefleer deur hulle kleur te verander.
Sinoniem:
• maskeer
• verberg
• verbloem
• verdoesel
• vermom
• versluier
• versteek
• wegsteek
Afgelei:
• kamoefleerdrag
• kamoefleerklere
• kamoefleerpakke
• kamoefleeruniforms
• kamoeflering
Vertaling:
Engels: to camouflage
Nederlands: camoufleren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|