gruwelik [boodskap #136955] |
Thu, 17 June 2021 14:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gruwelik
Afbreking: gru•we•lik
Samestelling: gruwel + -ik
Byvoeglike naamwoord: gruwelik
Vergrotende trap: gruweliker
Oortreffende trap: gruwelikste
Attributief: gruwelike
Partitief: gruweliks
Intensief: godsgruwelik
Betekenis:
• Wat mens met afgryse en afsku vul.
• Baie erg.
Gebruik:
• Die gruwelike en bloedige plaasmoord het almal geskok.
• Ek het my gruwelik vir hom vererg.
Sinoniem:
• aaklig
• afgryslik
• afskuwelik
• afstootlik
• grusaam
• naar
• skrikwekkend
• verskriklik
• vreesaanjaend
• vreeslik
Afgelei:
• gruwelikheid
Vertaling:
Engels: gruesome, terrible, brutal, horrible
Nederlands: gruwelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|