versteen [boodskap #136937] |
Wed, 16 June 2021 14:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
versteen
Afbreking: ver•steen
Werkwoord: versteen
Verlede tyd: het versteen
Teenwoordige deelwoord: versteende
Betekenis:
• So hard soos steen word.
• Vassteek of styf word van koue of skrik.
Gebruik:
• Die boom het oor die eeue versteen.
• Sy versteen toe sy die spook sien.
Sinoniem:
• stol
• verhard
• verkalk
• verklip
Vertaling:
Engels: to petrify, harden
Nederlands: verstenen
Byvoeglike naamwoord: versteen, versteend
Attributief: versteende
Betekenis:
• Wat tot steen omvorm het.
Gebruik:
• Die argeoloog het 'n versteende fossiel van 'n vis gevind.
Wisselvorm:
• versteend
Sinoniem:
• gefossileer
• petrifiseer
Vertaling:
Engels: petrify, harden
Nederlands: versteend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|