kastig [boodskap #136936] |
Wed, 16 June 2021 12:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kastig
Afbreking: kas•tig
Byvoeglike naamwoord: kastig
Attributief: kastige
Betekenis:
• Wat voorgegee of beweer word, maar nie waar is nie.
Gebruik:
• Hy help kastig, maar sit heeldag onder 'n boom!
Sinoniem:
• kamma
• kamtig
• kwansuis
• oënskynlik
• skynbaar
• sogenaamd
Vertaling:
Engels: allegedly, so-called
Nederlands: zogenaamd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|