terugskakel [boodskap #136922] |
Tue, 15 June 2021 14:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
terugskakel
Afbreking: terug•skavkel
Samestelling: terug + skakel
Werkwoord: skakel terug, terugskakel
Verlede tyd: het teruggeskakel
Betekenis:
• Om iemand terug te bel.
• Deur skakeling na 'n vorige plek of toestand bring.
• (rekenaars) 'n Webskakel in terugwaartse rigting.
Gebruik:
• Ek sal jou later terugskakel.
• Die renjaer het sy motor na die tweede rat teruggeskakel.
• As jy na my webwerf skakel sal ek na joune terugskakel.
Sinoniem:
• oorskakel
• terugbel
• terugsit
Vertaling:
Engels: to call back; to switch back, shift back; to link back
Nederlands: terugbellen; terugschakelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|