Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » buigsaam
buigsaam [boodskap #136917] Tue, 15 June 2021 11:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
buigsaam
Afbreking: buig•saam
Samestelling: buig + -saam


Byvoeglike naamwoord: buigsaam
Vergrotende trap: buigsamer
Oortreffende trap: buigsaamste
Attributief: buigsame
Partitief: buigsaams

Betekenis:
• Wat maklik kan buig en onder druk meegee.
• (figuurlik) Wat bereid is om aan te pas.

Gebruik:
• Yster is nie buigsaam nie.
• Enige tyd is reg, ek is buigsaam.

Sinoniem:
• aanpasbaar
• buigbaar
• elasties
• inskiklik
• plasties
• plooibaar
• soepel
• toegewend
• veerkragtig
• vormbaar

Antoniem:
• onbuigsaam
• rigied

Afgelei:
• buigsaamheid

Vertaling:
Engels: bendable; flexible
Nederlands: buigzaam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aandster
Volgende onderwerp: bepaler
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 07:03:34 UTC 2025