skamel [boodskap #136911] |
Mon, 14 June 2021 18:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skamel
Afbreking: ska•mel
Byvoeglike naamwoord: skamel
Vergrotende trap: skameler
Oortreffende trap: skamelste
Attributief: skamel, skamele
Betekenis:
• Gering in omvang; so min dat dit 'n mens eintlik skaam maak.
Gebruik:
• Die skamel geklede trompoppies is eens te veel vir my.
Sinoniem:
• armoedig
• behoeftig
• ellendig
• karig
• nederig
• onaansienlik
Afgelei:
• skamelheid
Vertaling:
Engels: meagre, pitiable, insignificant
Nederlands: schamel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|