skemertyd [boodskap #136908] |
Mon, 14 June 2021 15:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skemertyd
Afbreking: ske•mer•tyd
Samestelling: skemer + tyd
Selfstandige naamwoord: skemertyd
Meervoud: skemertye
Verkleinwoord: skemertydjie
Meervoud van verkleining: skemertydjies
Betekenis:
• Die tyd wanneer die son ondergaan en dit begin skemer (donker) word, of figuurlik, teen die einde van iets.
Gebruik:
• Vroegoggend en teen skemertyd is die muskiete op hul bedrywigste.
Sinoniem:
• skemeruur
Vertaling:
Engels: twilight time
Nederlands: schemeruur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|