verdamping [boodskap #136901] |
Mon, 14 June 2021 13:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verdamping
Afbreking: ver•dam•ping
Samestelling: verdamp + -ing
Selfstandige naamwoord: verdamping
Meervoud: –
Betekenis:
• Die proses waardeur 'n stof (vanaf 'n vloeibare of vaste fase) na 'n damp (gasfase) oorgaan.
Gebruik:
• Die voortdurende verdamping en kondensasie van water op aarde staan as die waterkringloop bekend.
Antoniem:
• kondensasie
Afgelei:
• verdampingsleer
• verdampingsmeter
• verdampingsoppervlak
• verdampingspunt
• verdampingstoestel
• verdampingsvermoë
• verdampingswarmte
Vertaling:
Engels: evaporation
Nederlands: verdamping
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|