dravel [boodskap #136894] |
Sun, 13 June 2021 19:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dravel
Afbreking: dra•vel
Samestelling: dra + vel
Selfstandige naamwoord: dravel
Meervoud: dravelle
Verkleinwoord: dravelletjie
Meervoud van verkleining: dravelletjies
Betekenis:
• 'n Vel waarin 'n kind gedra (geabba) word.
Gebruik:
• Sy ta se ta, ou Heitsi-eibib, het hom so genoem toe hy nog in die dravel sit. [Klein Riet-Alleen-in-die-Roerkuil, Eugène Marais]
Wisselvorm:
• dra-vel
Sinoniem:
• abbavel
• abbakaros
• veldkombers
Vertaling:
Engels: carry skin
Nederlands: huid voor dragen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|