sproei [boodskap #136891] |
Sun, 13 June 2021 17:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sproei
Afbreking: sproei
Werkwoord: sproei
Verlede tyd: het gesproei
Betekenis:
• Om 'n vloeistof in 'n mis van fyn druppeltjies op iets te spuit.
Gebruik:
• Sy sproei die rose met 'n middel teen plantluise.
Vertaling:
Engels: to spray
Nederlands: sproeien
Selfstandige naamwoord: sproei
Meervoud: sproeie
Verkleinwoord: sproeitjie
Meervoud van verkleining: sproeitjies
Betekenis:
• 'n Middel wat uit 'n sproeier gespuit word; aërosol.
• 'n Monduitslag by kinders; spru.
Gebruik:
• Plantluise kan met 'n sproei behandel word.
• Die babatjie het sproei.
Afgelei:
• haarsproei
• lyfsproei
• sproeier
• sproeimiddel
• sproeireën
• sproeispuit
• sproeiverf
Vertaling:
Engels: spray; sprue
Nederlands: sproei
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|