bevrees [boodskap #136858] |
Fri, 11 June 2021 08:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bevrees
Afbreking: be•vrees
Byvoeglike naamwoord: bevrees
Attributief: bevreesde
Betekenis:
• Met vrees gevul; baie bang en angstig.
Gebruik:
• Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. [Jesaja 41:10]
Sinoniem:
• angstig
• bang
• bekommerd
• benoud
• doodbang
• doodbenoud
• kleingelowig
• lafhartig
• ontsteld
• paniekbevange
• senuweeagtig
• verskrik
• vreesagtig
• vreesbevange
Antoniem:
• onbevrees
Afgelei:
• bevreesdheid
Vertaling:
Engels: afraid, apprehensive
Nederlands: bevrees
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|