peetmoeder [boodskap #136844] |
Thu, 10 June 2021 06:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
peetmoeder
Afbreking: peet•moe•der
Samestelling: peet + moeder
Selfstandige naamwoord: peetmoeder
Meervoud: peetmoeders
Verkleinwoord: peetmoedertjie
Meervoud van verkleining: peetmoedertjies
Betekenis:
• Vroulike doopgetuie wat beloof om medeverantwoordelikheid vir die opvoeding van 'n kind te aanvaar, en die taak oor te neem as die ma nie meer daartoe in staat is nie.
Gebruik:
• Om 'n peetmoeder te wees, is 'n groot eer en verantwoordelikheid.
Sinoniem:
• peetma
• peettante
Antoniem:
• peetvader
Hiperoniem:
• peetouer
Vertaling:
Engels: godmother
Nederlands: peetmoeder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|