bloukaas [boodskap #136826] |
Wed, 09 June 2021 09:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bloukaas
Afbreking: blou•kaas
Samestelling: blou + kaas
Selfstandige naamwoord: bloukaas
Meervoud: bloukase
Verkleinwoord: bloukasie
Meervoud van verkleining: bloukasies
Betekenis:
• 'n Kaas met kulture van die swam Penicillium wat kolle of are van blou of blougrys skimmel bevat.
Gebruik:
• Bloukaas proe dikwels skerp en sout.
Sinoniem:
• blouskimmelkaas
Afgelei:
• bloukaasgeur
• bloukaassop
Vertaling:
Engels: blue cheese, bleu cheese
Nederlands: blauwschimmelkaas, blauwaderkaas
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|