deugsaam [boodskap #136824] |
Tue, 08 June 2021 18:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
deugsaam
Afbreking: deug•saam
Samestelling: deug + -saam
Byvoeglike naamwoord: deugsaam
Vergrotende trap: deugsamer
Oortreffende trap: deugsaamste
Attributief: deugsame
Partitief: deugsaams
Betekenis:
• Vol deug (goedheid); met baie deugde (goeie eienskappe).
Gebruik:
• Daar is darem nog 'n paar eerlike en deugsame mense op die aarde.
Sinoniem:
• deugdelik
• eerbaar
• eties
• fatsoenlik
• goed
• lofwaardig
• kuis
• moreel
• onberispelik
• onbesproke
• opgevoed
• sedelik
• smetteloos
• voortreflik
• welvoeglik
Afgelei:
• deugsaamheid
Vertaling:
Engels: virtuous, decent
Nederlands: deugsaam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|