dierbaar [boodskap #136820] |
Tue, 08 June 2021 14:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dierbaar
Afbreking: dier•baar
Samestelling: dier + -baar
Byvoeglike naamwoord: dierbaar
Vergrotende trap: dierbaarder
Oortreffende trap: dierbaarste
Attributief: dierbare
Betekenis:
• Wat na aan die hart lê.
• Gaaf en vriendelik.
Gebruik:
• Want jy is te dierbaar om seer te kry. [Laurika Rauch]
• Dit was dierbaar van jou om aan ons te dink.
Sinoniem:
• bekoorlik
• beminlik
• liewe
• onbetaalbaar
• skatlik
• skattig
• welbemind
Afgelei:
• dierbaarheid
• dierbares
Vertaling:
Engels: beloved, dear
Nederlands: dierbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|