dekadent [boodskap #136797] |
Sun, 06 June 2021 18:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dekadent
Afbreking: de•ka•dent
Byvoeglike naamwoord: dekadent
Vergrotende trap: dekadenter
Oortreffende trap: dekadentste
Attributief: dekadente
Betekenis:
• Wat van morele verval of kulturele agteruitgang getuig.
• Wat oordadig en luuks is.
Gebruik:
• Vroeër jare is popmusiek as diabolies en dekadent beskryf.
• Die sjokoladepoeding is klam, ryk en dekadent.
Sinoniem:
• agteruitgaande
• bankrot
• bedorwe
• futloos
• hedonisties
• korrup
• losbandig
• onsedelik
• oorverfynd
• pervers
• sedeloos
• sinlik
• sinnelik
• verderflik
• verdorwe
Afgelei:
• dekadensie
Vertaling:
Engels: decadent
Nederlands: decadent
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|