kalfakter [boodskap #136791] |
Sun, 06 June 2021 08:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kalfakter
Afbreking: kalf•ak•ter
Selfstandige naamwoord: kalfakter
Meervoud: kalfakters
Verkleinwoord: kalfaktertjie
Meervoud van verkleining: kalfaktertjies
Betekenis:
• 'n Skelm se handlanger; medepligtige wat 'n kwaaddoener bystaan.
Gebruik:
• Jacob Zuma het 'n kalfakter as kommissaris van die SAID aangestel.
Sinoniem:
• deugniet
• faktotum
• handlanger
• hansie-my-kneg
• knoeier
• kornuit
• lakei
• medepligtige
• trawant
Vertaling:
Engels: factotum
Nederlands: duvelstoejager
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|