Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verbruik
verbruik [boodskap #136759] Wed, 02 June 2021 17:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
verbruik
Afbreking: ver•bruik


Werkwoord: verbruik
Verlede tyd: het verbruik

Betekenis:
• Om iets te gebruik sodat dit minder word.

Gebruik:
• Hoeveel data verbruik Netflix per maand?

Sinoniem:
• opgebruik
• gebruik
• verorber
• verkwis
• verteer

Afgelei:
• verbruikbaar
• verbruiker
• verbruiking
• verbruikersbehoeftes
• verbruikersbesteding
• verbruikersgoedere
• verbruikersgunstige
• verbruikersindustrie
• verbruikerskoöperasie
• verbruikerslande
• verbruikersmandjie
• verbruikersmarkte
• verbruikersmentaliteit
• verbruikersopvoeding
• verbruikersorganisasie
• verbruikersprys
• verbruikerspyp
• verbruikersverpligtinge
• verbruikersvlak
• verbruikersvoorligting
• verbruikersvraag
• verbruiksartikel
• verbruiksdoeleindes
• verbruiksgoed
• verbruikskoöperasie
• verbruiksmeter
• verbruikspatrone
• verbruiksprys
• verbruiksware

Vertaling:
Engels: to consume, use up
Nederlands: verbruiken


Selfstandige naamwoord: verbruik
Meervoud:

Betekenis:
• Die handeling van gebruik, of die hoeveelheid wat opgebruik word.

Gebruik:
• Wat is jou motor se verbruik?

Afgelei:
• brandstofverbruik
• drankverbruik
• elektrisiteitsverbruik
• kragverbruik
• waterverbruik

Vertaling:
Engels: consumption
Nederlands: verbruik

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: staaltjie
Volgende onderwerp: koringaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 06:31:47 UTC 2025