Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Angelinekletsers
Angelinekletsers [boodskap #14907] Tue, 19 May 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> "Leendert van Oostrum" writes: >

>> Sê my Gloudina, wat is die standpunt van die Kanadese samelewing oor die
>> idee dat "iemand" die geleentheid gegee moet word om hom/haarself te
>> verdedig teen aanklagte?

>> Of kan ek in Kanada maar bloot rondgaan en beweer dat iemand anders 'n moord
>> gepleeg het voordat ek hom, met die goedkeuring van die Kanadese samelwing
>> om die lewe bring?
>>
>> Want dit is wat jy hier voorstaan.

> Nee, Leendert, dit is nie. Maar dis mense
> soos jy wat op julle verhogies klim en
> van muti-moorde en dies meer klets wat
> mense so siek vir julle ou stories maak
> dat hulle al minder en minder simpatiek
> word vir die lot van die handjievol
> selfgetitelde "Boere" wat daar in SA sit
> en kners. Selfs Afrikaners binne SA word
> moeg vir julle. Hoe weet ek dit? Omdat
> mense binne SA dit vir my sê,
>
> Gloudina

*****************************************
Op 13/05/98 skryf Goudina:

@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

>> Daar is net een feit wat hier soos 'n berg uitstaan: Gloudina, jy wil
>> jouself willens en wetens blind hou vir die waarheid en ander se
>> opinies. DINK, Gloudina, moenie hierdie voorval probeer toegooi in 'n
>> mooi anti-rassistiese retoriek nie.

> Wat, my liewe Johan, is hierdie voorval?
> Dat 'n ou oom met 'n geweer 'n klein
> dogtertjie wat geabba was deur haar
> suster op haar suster se rug doodgeskiet
> het? Hoe kan ek hierdie voorval probeer
> toegooi?

> Ongelukkig is hierdie soort voorvalle dit
> wat ikone word en die naam van wit Suid-
> Afrikaners weer voor die wereld bring as
> ondiere. Die ou oom het dit veroorsaak.
> En jy moet in Minnesota daaronder ly, as
> iemand jou daaroor aanval.

Dus: Uit die groot getal kinders wat jaarliks vermoor word om muti te maak
van hul liggaamsdele ontvang _nie een_ besoek van Mandela nie.

Dit het geen politeke wins vir die ANC nie.

Maar wanneer een swart kind deur 'n wit man doodgeskiet word, sorg Mandela
dat dit 'n "ikoon" van wit wreedaardigheid word, en Gloudina vra: "Hoe kan
ek hierdie voorval probeer toegooi?"

Niemand wil hê dat jy die dood van Angeline moet "toegooi" nie, Gloudina.
Let net op dat die muti-moorde ter sprake gekom het juis weens jou eenoogige
skynheiligheid oor die skietdood van Angelina.

Dit sal bloot help as jy net soveel aandag sal gee aan die ander kinders wat
op nog meer wreedaardige manier vermoor word.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Re: Kan iemand my help? Ja nee
Volgende onderwerp: Re: Afrikaner Quo Vadis?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 05:55:21 UTC 2024