wetsgehoorsaam [boodskap #136745] |
Tue, 01 June 2021 19:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wetsgehoorsaam
Afbreking: wets•ge•hoor•saam
Samestelling: wet + -s- + gehoorsaam
Byvoeglike naamwoord: wetsgehoorsaam
Vergrotende trap: wetsgehoorsamer
Oortreffende trap: wetsgehoorsaamste
Attributief: wetsgehoorsame
Betekenis:
• Wat aan die wet gehoorsaam is.
Gebruik:
• Daar word van gewone landsburgers verwag om wetsgehoorsaam te wees terwyl die regerende party die reëls buig soos wat dit hom pas.
Antoniem:
• wetteloos
Afgelei:
• wetsgehoorsaamheid
• wetsgehoorsames
Vertaling:
Engels: law abiding
Nederlands: gezagsgetrouw
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|