| kariboe [boodskap #136735] |
Di., 01 Junie 2021 10:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Kariboe.
kariboe
Afbreking: ka•ri•boe
Selfstandige naamwoord: kariboe
Meervoud: kariboes
Verkleinwoord: kariboetjie
Meervoud van verkleining: kariboetjies
Betekenis:
• Soogdier uit die familie van hertagtiges, Rangifer tarandus.
Gebruik:
• Die kariboe is inheems aan die arktiese, subarktiese, toendra- en bergstreke van Noord-Europa, Siberië en Noord-Amerika.
Sinoniem:
• rendier
Vertaling:
Engels: caribou
Nederlands: kariboe
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|